Welkom

Welkom by ons webblad!!!
Ons het besluit om al die inligting vir ons troue op ons webblad te sit eerder as om koeverte vol papiere te maak en dit halfpad om die wêreld te stuur.
Dit is natuurlik baie beter vir die omgewing ook, veral omdat ons probeer om ons troue so omgewingsvriendelik as moontlik te maak.
Ons dink ook dit is ‘n goeie manier om inligting te kommunikeer soos ons reëlings vorder.
Sien uit daarna om ons spesiale dag met julle te deel!

Liefde

A.J. en Adél